17/03/2024
Die bestuurder van 'n vol gelaaide vragmotor het vanoggend net na 10:00 beheer oor sy voertuig verloor het, en langs die pad, by die Nanaga afrit op die N10, gelĂȘ. Pogings om die vragmoter uit te sleep is aangewend en verkeer vanaf Gqeberha en Paterson het 2 ure in kilometerlange rye gewag vir opruimingswerk.
Die roete is intussen opgeruim en weer oopgestel vir verkeer. Teresa Opperman