01/07/2026
TOTALE DANKBAARHEID ... dit voel soos kersfees vanoggend hierby Lichtenburg Toyota.
Ons gee so baie keer 'n tyd in ons lewe wat die ritme nie dieselfde is, 'n naam. Ons noem maklik 'n seisoen of maand wat anders as die res afloop - moeilike tye. Dan wonder ek soms of ek regtig weet wat moeilike tye vir ander mense beteken. In hierdie anderse tyd met snaakse ritme voel ek vanoggend ongelooflik DANKBAAR, so dat dit voel of kan dit moontlik kersfees wees. Kan ons dit regtig moeilike tye noem as ons druk vir nuwe rekords en ons druk om beter te doen en wees as die vorige maand. Vanoggend ruil ek die woord moeilike tye na VAT VOORRAAD TYE!! Ek het vanoggend voorraad gevat in my eie lewe en hier by die Lichtenburg Toyota en ek is totaal dankbaar!!
Hier staan twee Hilux bakkies propvol BOERVROU BEDERFBOKSE uit ons gemeenskap. Iemand het spesiaal besluit om 'n boervrou in nood te bederf, al het sy self nie lekker koffie in haar huis of 'n bederf net vir haar nie. Maar bederf het sy besluit sy bederf iemand anders. Hierdie bokse is elkeen met liefde uit Lichtenburg gemeenskap gepak en vertrek oor 'n rukkie na die GAMTOOS gebied waar dit daar regtig moeilike tye is.
Voor ons hierdie snaakse tye weer moeilike tye noem - kom ons tel ons blessings!! Want toe ek vanoggend begin tel het was daar te veel om te kan tel - en dit gee ons rede om vandag TOTAAL DANKBAAR TE KAN WEES!!