12/12/2025
Graag stel ons ons gewaardeerde kliente van die afgelope 5 jaar in kennis dat UAL die einde van Desember 2025 sy deure sluit. Ons opregte dank aan elkeen vir die vriendskap en ondersteuning, dit verleen n groot mate van nostalgie aan die besluit. Tertius verhuis Kaapstad toe en Koos sal voortaan die motorboot aspek van UAL van sy huis af behartig, dit sluit Surveys, buoyancy, kleiner herste sowel as dienste in. Motorboot parte en bybehore kan steeds deur Koos of Tertius voorsien word.
Ons wens vir al ons ou vriende en kliente n baie geseende kersfees en n mooi 2026 toe.