11/04/2026
🤩 Desert Auto diens en herstel nie net voertuie nie, ons gee ook weer nuwe lewe aan ou en vergete motors.
Om aan voertuie te werk is vir ons meer as net 'n beroep, dit is 'n passie, n gebore liefde, dus waarom ons potensiaal in elke voertuig sien, oud of nuut.
Hier is Amand besig om nuwe lewe te gee aan ʼn Land Rover Defender wat n slegte hou van voor af gehad het. Ons herbou die Mooi Landy en gee haar weer n kans om die land se paaie plat te ry.
Hou ons blad dop vir vordering want die is n spesiale projek wat baie dinge inhou.
Ons beplanning is om met hom na Junie maand se Goerapan 4x4 dag toe te gaan met 'n nuwe hart.
Soos in goeie Desert Auto styl, hou ons daarvan om ons mense deel te maak van ons besigheid se projekte.
Raai wat se engine sit ons in die Landy en wen n gratis Goerapan inskrywing vir die 4x4 dag, om saam met die Desert Auto span deel te neem.
Lewer kommentaar op die Post alleenlik om in die trekking te kom.
Groete Van die Desert Auto span.